BEVEILIG ’N PLAAS

Plaasmoorde en plaasaanvalle is nou ’n groter krisis as ooit tevore. Daar was die afgelope ruk ’n toename in plaasaanvalle, en die regering se onmag om iets aan hierdie probleem te doen is duidelik sigbaar.

Daarom het AfriForum en Saai besluit om die bul by die horings te pak deur af te skop met ’n veldtog wat fokus op die beveiliging van plase.

Die “Beveilig ’n plaas”-veldtog gaan spesifiek kyk na:

die veiligheidsassessering van plaaswonings;

opleiding in basiese noodhulp;

wapenopleiding; en

die verskaffing van ’n analoog-radiostelsel insluitende radio-opleiding.

Die doel van hierdie veldtog is nie net om plase en almal wat op plase woon te beveilig nie, maar ook om die breër gemeenskap in spesifieke areas te bemagtig om vry, veilig en voorspoedig te kan leef.

Registreer jou plaas vir opleiding

Wil jy hê AfriForum en Saai moet jou plaas besoek en hierdie opleiding doen? Volg die volgende proses:

  1. Vul die onderstaande vorm in.
  2. Die vorm word direk aan die streekshoof vir Gemeenskapsveiligheid gestuur vir ondersoek en oorweging.

Indien jou plaas goedgekeur word, maak ons met jou kontak en tref die nodige reëlings.

Naam en van*
Is jy bewus van ’n bestaande radionetwerk in jou onmiddellike omgewing, en is jy deel van sodanige netwerk?*
Is jy ’n lid van AfriForum of Saai?*
Is jy die eienaar of bestuurder van die plaas?*