|

Mthethwa misken plaasmoordekrisis, sê AfriForum

AfriForum het die minister van polisie, Nathi Mthethwa, daarvan beskuldig dat hy die krisisafmetings wat plaasmoorde in die land aanneem, misken en ongevoelig teenoor die slagoffers daarvan staan. Dié reaksie volg nadat Mthethwa vanoggend tydens ʼn ontbytsessie van The New Age-koerant kritiek oor AfriForum se veldtog teen plaasmoorde uitgespreek het en aangedui het dat plase…

|

AfriForum wil plaasmoordveldtog verskerp; nooi slagoffers om betrokke te raak

AfriForum het vandag ʼn beroep gedoen op Suid-Afrikaners wat deur plaasaanvalle geraak is om betrokke te raak by die stryd om die minister van polisie, Nathi Mthethwa, te oortuig om plaasmoorde tot ʼn prioriteitsmisdaad te verklaar. Vir hierdie doel is slagoffers aangemoedig om hul stories na stopdiemoorde@afriforum.co.za te stuur, sodat hul by ʼn verskerpte veldtog…

|

Verhoor van vermeende plaasmoordenaars begin in Potchefstroom

Twee vermeende plaasmoordenaars, wat ʼn melkboer van Fochville, David Hall, in Februarie 2012 vermoor het, verskyn op Maandag, 8 April in die Potchefstroomse Hooggeregshof. Die burgerregte-organisasie AfriForum wil hê die regering moet weereens oorweeg om plaasaanvalle te prioritiseer en sal die Hall-familie in hierdie opsig bystaan. Reg Crewe, die hoof van gemeenskapsveiligheid van AfriForum sê…

|

ANC-verklaring is nie genoeg om plaasaanvalle te stuit nie

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die feit verwelkom dat die ANC vandag plaasmoorde in ’n mediaverklaring veroordeel het, maar bygevoeg dat verklarings alleen nie genoeg is om die krisis in die praktyk hok te slaan nie. Die organisasie het opnuut ’n beroep op die regering gedoen om plaasmoorde te prioritiseer deur ’n gefokusde teenstrategie op skrif…

End of content

End of content