AfriForum – Hoe Lank Nog.
https://www.youtube.com/watch?v=dBfXLIZshBw
Bernadette Hall se man David is 20 Februarie 2012 op hulle melkplaas, Frischgewaagd in Fochville, Noordwes voor haar oë doodgeskiet. Sy, haar seuns, Bradly en Wesley, en André van den Berg het gister op ʼn 1000km-reis met kwadfietse vanaf Johannesburg na Ballito in KZN vertrek om bewusmaking oor plaasmoorde te skep. Hulle staan bekend as…
AfriForum is besig met ’n nasionale navorsingsprojek wat fokus op plaasaanvalle. Die onderwerp word breedvoerig ondersoek en sluit verskeie invalshoeke in om die omvattende aard en gevolge van plaasaanvalle te kan aanspreek. Dit is so ’n komplekse fenomeen dat dit moeilik is om slegs op een aspek daarvan te fokus, juis omdat daar soveel veranderlikes…
Jy het nog net tot 1 November kans om die petisie teen plaasmoorde in te vul, sodat jou stem kan tel by die Verenigde Nasies. Hierdie is ‘n stemverslag van Esmarie Prinsloo oor die veldtog. Los asseblief kommentaar en stuur die skakel gerus aan jou hele adresboek. Post Views: 409
’n Emosionele en hartverskeurende toneel het vanmiddag op die plaas Vaalbank, buite Bronkhorstspruit, afgespeel waar Duncan Nyawo, die stapper teen plaasmoorde, sy naamgenoot, dr. Duncan Prinsloo, ontmoet het wat in 2008 die slagoffer van ’n wrede plaasaanval was en waarin sy vrou doodgeskiet is. Prinsloo, ’n boer en veearts, wat in sy onderlyf verlam is…
4 Oktober 2012 AfriForum het ‘n skrywe, waarin die realiteit van plaasmoorde uitgelig word aan ’n aantal international organisasies gerig. ‘n Afskrif van die skrywe is ook per hand aan ‘n verteenwoordiger van die staatspresident oorhandig. Die memorandum gee ‘n kortbondinge opsomming van ‘n aantal feite met betrekking tot plaasmoorde. Die president se ingryping is…
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie AfriForum, en Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof, vertrek vandag na die VSA waar hulle Suid-Afrika se situasie rondom plaasmoorde en die ANC se planne vir onteiening sonder vergoeding sal belig. AfriForum se verskerpte veldtog om die internasionale gemeenskap se aandag op plaasmoorde en onteiening van eiendom sonder vergoeding…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.