|

AfriForum se Kriel en Roets na VSA vir bewusmaking oor plaasmoorde en onteiening

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie AfriForum, en Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof, vertrek vandag na die VSA waar hulle Suid-Afrika se situasie rondom plaasmoorde en die ANC se planne vir onteiening sonder vergoeding sal belig. AfriForum se verskerpte veldtog om die internasionale gemeenskap se aandag op plaasmoorde en onteiening van eiendom sonder vergoeding…

|

Polisieminister ontken plaasmoorde deur dit nié tot prioriteitsmisdaad te verklaar nie

“Ondanks meer as 195 plaasaanvalle vanjaar het Bheki Cele, die minister van polisie, steeds nie plaasmoorde tot prioriteitsmisdade verklaar nie. Hierdie stilswye en apatie dui daarop dat die regering in wese plaasmoorde en -aanvalle as misdade deprioritiseer,” sê Ian Cameron, AfriForum se veiligheidshoof. Cameron meen dat die staat en veral die minister se ontkenning van…

|

AfriForum lê strafregtelike klagtes oor rassistiese aanvalle op sosiale media

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag strafregtelike klagtes teen twee polisiebeamptes en ’n voormalige lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) ingedien wat hulle tot sosiale media gewend het om plaasaanvalle aan te hits en/of geweld teen boere en minderhede te verromantiseer. AfriForum sê dat hierdie voorvalle as ’n vorm van aandadigheid deur die Suid-Afrikaanse regering…

|

Plaasaanvalle neem toe, maar plaasmoorde neem af

Gedurende 2018 was daar ’n afname in plaasmoorde, maar ’n skerp styging in plaasaanvalle. Dit dui daarop dat hoewel die probleem vererger, mense beter na hul veiligheid omsien en hulself beter verdedig. Dít is van die bevindinge wat die burgerregte-organisasie AfriForum vandag tydens ’n mediakonferensie by sy hoofkantoor in Centurion bekend gemaak het. ’n Ontleding…

|

Kill the Boer-boek bevestig wrede werklikheid van SA-boere

“Soms voel dit dat om ’n plaasmoord te oorleef is erger as om vermoor te word want jy moet elke dag daarmee saamleef.” So het Mariandra Heunis, ’n slagoffer van ’n wreedaardige plaasaanval, vandag tydens die mediabekendstelling van Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, se boek Kill the Boer gesê. Heunis, ’n ma van…

|

AfriForum in VSA ter bewusmaking van onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde

Afgevaardigdes van AfriForum het vandeesweek na die Verenigde State van Amerika (VSA) gevlieg as deel van die burgerregte-organisasie se veldtog om steun in die buiteland te werf asook bewusmaking rakende grondonteiening sonder vergoeding en die prioritisering van plaasmoorde te bevorder. Onder die afgevaardigdes is Ernst Roets, AfriForum se adjunk- uitvoerende hoof, Marina Wiese, AfriForum se…

|

AfriForum werf steun in VSA teen onteiening en plaasmoorde

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die afgelope week in Washington, D.C. groot vordering gemaak met sy inisiatief om buitelandse steun te werf vir sy veldtogte met betrekking tot die beskerming van eiendomsreg en die prioritisering van ’n aksieplan teen plaasmoorde. As deel van hierdie skakeltoer het AfriForum ’n vergadering met ’n afvaardiging van die Amerikaanse regering…

|

Trauma van plaasmoord gaan nooit verby, sê Mariandra Heunis

Twee jaar nadat Mariandra Heunis se man, Johan, koelbloedig voor haar en haar dogtertjie doodgeskiet is, veg sy voort om die boodskap oor die wreedheid van plaasmoorde na die wêreld uit te dra. Heunis het vandeesweek ’n video vrygestel waarin sy vir pres. Cyril Ramaphosa vra hoe hy sou gevoel het om die bloed van…

|

Statistiek bewys plaasaanvalle nie sosio-ekonomies gemotiveerd

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie die nuutste plaasaanvalstatistiek vir 2019 bekend gemaak. ’n Plaasaanvalslagoffer het ook die grusame gebeure van die aanval waartydens sy geskiet en verkrag is met die media gedeel. Altesaam 184 plaasaanvalle het reeds vanjaar plaasgevind waarvan 20 plaasmoorde was. Gauteng (51 aanvalle), Noordwes (28 aanvalle) en Limpopo (27…

End of content

End of content