Wilmien Potgieter Studiefonds

Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.

Kinders wat slagoffers is van plaasmoorde moet met geweldige trauma saamleef en in sommige gevalle moet die slagoffers selfs studiehulp kry om vir hulle skoolgeld en tersiêre opleiding te betaal nadat hul ouer(s) in ’n plaasaanval vermoor is. 

In die meeste gevalle waar die oorlewendes van ’n plaasaanval agterbly, verlaat die familie gewoonlik die plaas, sonder om te weet waar hulle volgende inkomste vandaan gaan kom. Die kinders se skoolgelde kan dan nie meer betaal word nie en daar is nie meer geld vir tersiêre studies nie. 

Dit is waarom AfriForum in samewerking met Helpende Hand Studietrust ’n studiefonds gestig het vir die behoeftige slagoffers van plaasmoorde, sodat hulle ook die nodige hulp en ondersteuning kan kry om skool klaar te maak en verder te studeer.

Indien jy sou belangstel om hierdie studiefonds deur ’n donasie of testamentêre bemaking te ondersteun, stuur ’n epos aan studietrust@helpendehand.co.za, bel ons by 012 111 8360, of maak ’n EFT-donasie.

Die Helpende Hand Studietrust (IT 3970/2001 (T)) is ’n geregistreerde Openbareweldaadsorganisasie (OWO) met registrasienommer 93000 6586 en is gemagtig om vir skenkers ’n artikel A18-belastingsertifikaat uit te reik.

Ons bankbesonderhede soos volg:
Die Helpende Hand Studietrust
FNB
Rekeningnommer: 62331447541
Takkode: 261550
Verwysing: Wilmien Potgieter
Swift-kode: FIRNZAJJ

Similar Posts