AfriForum kap regering by VN
https://www.youtube.com/watch?v=-5oFBek4e2E
Die burgerregte-organisasie AfriForum en die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika (TLU SA) het vandag tydens ’n mediakonferensie in Centurion ’n kommerwekkende styging in plaasaanvalle en plaasmoorde vir 2016 bekend gemaak met die aankondiging van dié amptelike syfers. Hierdie stygende tendens is nou reeds vir die sesde agtereenvolgende jaar te bespeur. Die 2016-syfer van 64 moorde is…
AfriForum het vandag ’n PAIA-aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (wetno. 2 van 2000) aan die kantoor van Supra Mahumapelo, premier van die Noordwes, gestuur oor die oprigting van ’n standbeeld van pres. Jacob Zuma in Groot Marico. In dié aansoek versoek die burgerregte-organisasie die volgende inligting: Die notules…
AfriForum het ’n verskerpte veldtog teen plaasmoorde van stapel gestuur en ’n ope brief aan pres. Cyril Ramaphosa gerig waarin die President se ingryping geëis word. Tien praktiese stappe wat die regering behoort te doen om plaasmoorde doeltreffend te bekamp, word ook in dié brief uiteengesit. Om die veldtog af te skop, het AfriForum vandag…
Mnr. Senzeni Zokwana, die minister van landbou, bosbou en visserye, en ’n afvaardiging van AfriForum het vanoggend in Pretoria vergader om plaasmoorde sowel as ander landelike geweld en gemeenskapsverhoudinge in landelike gebiede te bespreek. Tydens die vergadering het die minister en AfriForum ooreengekom dat die minister via sy departement ’n inisiatief sal fasiliteer om rolspelers…
Die burgerregte-organisasie AfriForum en TLU SA het vandag in Centurion aangekondig dat Suid-Afrikaanse boere en plaaswerkers in 2015 die wreedste jaar nóg beleef het, met die meeste aangetekende plaasaanvalle sedert daar in 1990 begin is om aanvalle aan te teken. Die afgelope jaar se syfers is verwerk en geverifieer om die mees akkurate weerspieëling te…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.