AfriForum bring hulde aan slagoffers van plaasmoorde met 1445 rose.
https://www.youtube.com/watch?v=sOn01oEoYX4
AfriForum het vandag beeldmateriaal van ’n plaasaanval by ’n blitskonferensie in Centurion aan die media beskikbaar gestel. Hierdie materiaal sal deel vorm van die voorlegging oor plaasmoorde wat AfriForum op 26 en 27 November by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Geneve, Switzerland gaan indien. Hoewel die beeldmateriaal nie geweld bevat nie, sal…
Post Views: 404
AfriForum het vanoggend strafregtelike klagtes ingedien teen ses individue wat mense deur middel van sosiale media aanhits om plaasmoorde te pleeg, wit mense uit te moor of self beweer dat hulle van voorneme is om dit te doen. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het verduidelik dat die burgerregte-organisasie verskeie klagtes hieroor van sy…
Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK), adv. Lawrence Mushwana het in ’n skrywe aan AfriForum bevestig dat die kommissie besluit het om ’n openbare verhoor oor plaasmoorde te hou. Die besluit is geneem tydens ’n sitting van al die SAMRK-kommissarisse, na oorweging van ’n formele versoek deur AfriForum. Die tema van die verhoor sal…
Bernadette Hall se man David is 20 Februarie 2012 op hulle melkplaas, Frischgewaagd in Fochville, Noordwes voor haar oë doodgeskiet. Sy, haar seuns, Bradly en Wesley, en André van den Berg het gister op ʼn 1000km-reis met kwadfietse vanaf Johannesburg na Ballito in KZN vertrek om bewusmaking oor plaasmoorde te skep. Hulle staan bekend as…
Hoewel daar nog drie dae voor die einde van Juniemaand oor is, was daar – vergeleke met die eerste ses maande van 2017 – reeds ’n 34%-styging in plaasaanvalle gedurende die eerste ses maande van 2018. Volgens AfriForum se rekords kon 33 plaasmoorde sedert die begin van die jaar geverifieer word. AfriForum het in besonder…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.