| |

Mnr. Ramaphosa, wat van plaasmoorde?

AfriForum het ’n verskerpte veldtog teen plaasmoorde van stapel gestuur en ’n ope brief aan pres. Cyril Ramaphosa gerig waarin die President se ingryping geëis word. Tien praktiese stappe wat die regering behoort te doen om plaasmoorde doeltreffend te bekamp, word ook in dié brief uiteengesit. Om die veldtog af te skop, het AfriForum vandag ’n kort dokumentêr bekendgestel oor die moord op die Attie (40), Wilna (36) en klein Wilmien Potgieter (2) naby Lindley in Desember 2010.

Die veldtog is van stapel gestuur nadat daar die afgelope maand weer ’n skerp toename in plaasmoorde was. In Junie 2020 was daar 40 plaasaanvalle en vyf moorde en in Julie 2020 was daar reeds 15 plaasaanvalle en vier plaasmoorde.

Bykomend tot die werk wat AfriForum reeds verrig om plaasmoorde te beveg en plaasaanvalslagoffers te ondersteun, sluit AfriForum se verskerpte veldtog die volgende in:

  1. ’n tienpuntplan wat aan pres. Ramaphosa voorgelê word met stappe wat die Suid-Afrikaanse regering behoort te doen om plaasmoorde te beveg;
  2. die bekendstelling van ’n dokumentêr oor die Lindley-moorde in Desember 2010, wat die eerste van ’n reeks dokumentêre films oor plaasaanvalle is;
  3. ’n verskerpte bewusmakingsveldtog waarin die verhale van plaasaanvalslagoffers vertel word; en
  4. ’n bewusmakingsveldtog oor mense se regte en hoe hulle doeltreffend kan terugveg om hulself en hul gemeenskappe te verdedig.
AFRIFORUM KONDIG VERSKERPTE VELDTOG TEEN PLAASMOORDE AAN; EIS INGRYPING DEUR RAMAPHOSA

Luister hier na AfriForum en PretoriaFM se plaasmoorde-biduur.

Oops! We could not locate your form.

[/et_pb_text][et_pb_text _builder_version=”4.1″ background_size=”initial” background_position=”top_left” background_repeat=”repeat”]

Kyk hier ’n mini-dokumentêr oor die moorde op Attie (40), Wilna (36) en Wilmien Potgieter (2) van Lindley wat in 2010 op hul plaas vermoor is.

[/et_pb_text][et_pb_text _builder_version=”4.1″ background_size=”initial” background_position=”top_left” background_repeat=”repeat”]

Help ons om meer bewusmakingsvideo’s soos hierdie te maak. Daar is drie wyses waarop jy dit kan doen:

1. Maak ’n skenking:

Rekeningnaam: AfriForum NPC
Rekeningnommer: 62349898398
Taknaam: FNB Centurion
Takkode: 26155
Verwysing: Wilmien Potgieter

2. Sluit by AfriForum aan deur jou naam na 32077 te SMS (R1 per SMS).
3. Besoek www.friendsofafriforum.co.za.

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Similar Posts