|

#StopPlaasterreur

Die burgerregteorganisasie AfriForum het besluit om voort te gaan met reëlings om Vrydag, 16 Oktober om 10:00 in Senekal ’n vreedsame protesaksie teen plaasmoorde en geweld te hou. AfriForum het hierdie besluit geneem om te verseker dat die vreedsame meerderheid, wat op ’n geordende wyse hulle woede en misnoeë oor die terreur op plase wil toon, se stem nie stilgemaak word deur ’n klein groepie opstokers en die uitlokkende optrede van die EEF nie. AfriForum en geweldgeteisterde gemeenskappe het die volste reg om woedend te wees oor moorde soos dié op die jong Brendin Horner, maar AfriForum glo dit is belangrik dat die billike saak om optrede teen plaasmoorde te eis, nie besoedel moet word deur diegene wat die stryd teen plaasmoorde in onguns wil bring nie.

Die tyd is nóú. AfriForum reël ’n vreedsame protesaksie in Senekal.

Datum: 16 Oktober 2020
Tyd: 10:00–12:00
Plek: Senekal (meer inligting word binnekort beskikbaar gestel)

Registreer hier:

Oops! We could not locate your form.

Wat jy moet saamneem:

  • Hoed
  • Gesigmaskers
  • Sonroom
  • Water
  • Stoel

Wat jy moet weet:

– Ry so vroeg as moontlik om verkeersopeenhopings te voorkom.
– Onthou egter: Volgens COVID-19-regulasies mag jy eers ná 04:00 op die pad wees. Kom asseblief dié regulasie na.
– Los jou vlae by die huis.
– Verwag padblokkades.
– Maak seker jy tree altyd volgens die wet op.

Similar Posts