Live From The Field
STOP PLAASMOORDE ek stem saam kry die buitelande ANC en Malema is die mense hulle wil nie luister nie jammer om te hoor van plaasboer n mens het nie woorde nie gaan gaan haal buite landers Dan gaan hulle hoor en voel
“Ondanks meer as 195 plaasaanvalle vanjaar het Bheki Cele, die minister van polisie, steeds nie plaasmoorde tot prioriteitsmisdade verklaar nie. Hierdie stilswye en apatie dui daarop dat die regering in wese plaasmoorde en -aanvalle as misdade deprioritiseer,” sê Ian Cameron, AfriForum se veiligheidshoof. Cameron meen dat die staat en veral die minister se ontkenning van…
Post Views: 624
Geagte genl. Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, Ek het oorweeg om ’n ope brief aan u te skryf, maar daarteen besluit omdat ek deesdae ook genoeg daarvan gehad het. Ek gaan sommer met die deur in die huis val en ’n ope uitnodiging aan u rig. U het vandeesweek uitlatings rondom plaasmoorde en -aanvalle gemaak wat…
Duncan Nyawo gaan môre saam met AfriForum ’n memorandum, waarin onder meer die prioritisering van plaasmoorde versoek word, by die Uniegebou indien. Nyawo, ’n studente-onderwyser, het Maandag te voet uit sy tuisdorp, Nelspruit vertrek en het drie dae aaneen gestap om hierdie memorandum aan president Jacob Zuma te oorhandig. Nyawo wil in besonder bewusmaking skep…
Post Views: 625
Die burgerregte-organisasie AfriForum se gemeenskapsveiligheidspan het die afgelope week ’n dag saam met die Engelbrecht-familie buite Fochville spandeer nadat twee lede van dié familie – Fanie (78) en Colleen (74) – op 13 Mei vanjaar tydens ’n wrede plaasaanval vermoor is. ’n Duitse openbare TV-uitsaaier – Zweites Deutsches Fernsehen (ZDF) – het AfriForum tydens die…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.