|

Man stap vanaf Nelspruit om memorandum oor plaasmoorde, rassisme en polisiemoorde aan pres. Zuma te oorhandig

Duncan Nyawo gaan môre saam met AfriForum ’n memorandum, waarin onder meer die prioritisering van plaasmoorde versoek word, by die Uniegebou indien.

Nyawo, ’n studente-onderwyser, het Maandag te voet uit sy tuisdorp, Nelspruit vertrek en het drie dae aaneen gestap om hierdie memorandum aan president Jacob Zuma te oorhandig. Nyawo wil in besonder bewusmaking skep oor plaasmoorde, rassisme en moorde op polisiebeamptes.

AfriForum het van Nyawo se planne te hore gekom en hom gekontak om hulle hulp aan te bied. AfriForum het vir Nyawo ’n rugsak geborg, sekuriteit gereël om hom tydens die staptog te beskerm en finansieel ingestaan vir sy afvaardiging se verblyf gedurende die staptog. ’n Afvaardiging van AfriForum Jeug het Nyawo ook op die staptog vergesel.

Nyawo sal môreoggend om 11:00 saam met AfriForum-verteenwoordigers by die Uniegebou aankom om sy memorandum aan ’n verteenwoordiger van pres. Zuma te oorhandig.

Die media word hartlik uitgenooi om die geleentheid by te woon.

Similar Posts