|

AfriForum en landbouminister beraadslaag oor plaasmoorde

AfriForum vergader môre met die minister van landbou, bosbou en visserye, Senzeni Zokwana om moontlike oplossings vir die plaasmoordkrisis te bespreek. Die vergadering is geskeduleer vir 8:00 en sal by die minister se kantoor in Pretoria plaasvind.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dat die organisasie in ’n tweeledige oplossing vir die probleem glo.

“AfriForum is aktief besig om gemeenskapsveiligheidstrukture regoor die land te stig en gemeenskappe só te bemagtig om beter na hul eie veiligheid om te sien. ’n Krisis soos dié moet egter van albei kante af gepak word. Daarom is sterk politieke leierskap nodig.”

Hoewel daar nie ’n mediakonferensie na afloop van die vergadering sal plaasvind nie, sal AfriForum beskikbaar wees vir kommentaar.

Similar Posts