|

AfriForum en slagoffers gaan petisie oor plaasmoorde by VN indien

AfriForum gaan eerskomende Woensdag ’n petisie vir die prioritisering van plaasmoorde van stapel stuur, wat in November by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Switzerland ingedien sal word. Verskeie slagoffers, wat geliefdes in die afgelope paar jaar weens plaasmoorde aan die dood afgestaan het, gaan die bekendstellingsfunksie bywoon. Hul name sal bo-aan die petisielys geplaas word.

By die geleentheid gaan AfriForum ook ’n dokument getiteld, “Die Mthethwa-dossier” bekendstel. Die dokument bevat die besonderhede van tien gevalle in die afgelope twee jaar waar slagoffers gepoog het om Minister Mthethwa se ingryping teen plaasmoorde te kry. Hul pogings is telkens met minagting begroet.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dat hierdie projek AfriForum se grootste inisiatief tot dusver in die stryd teen plaasmoorde is.

Meer besonderhede oor AfriForum se deelname aan die geleentheid by die Verenigde Nasies sal later bekendgemaak word.

Die besonderhede van die geleentheid is soos volg:

Datum: Woensdag, 11 September 2013
Tyd: 11:00 tot 12:00 (ligte verversings vanaf 10:30; middagete ingesluit)
Plek: African Pride Irene Country Lodge, Nellmapiuslaan
(oorkant die Irene Melkplaas)
RSVP: Esmarie Prinsloo by esmarie@afriforum.co.za

Similar Posts