AfriForum verskerp veldtog vir internasionale bewusmaking van plaasmoorde
https://www.youtube.com/watch?v=13yLbBgOLLw
AfriForum het ’n dringende versoek aan die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, gerig om te vergader oor die golf van plaasaanvalle en –moorde wat die land die afgelope paar maande teister. Dít volg nadat Nico en Marsha Lens gisteraand op hulle plaas in Paulpietersburg in KwaZulu-Natal doodgeskiet is. Dié moorde bring die aantal plaasmoorde sedert…
Post Views: 656
Die burgerregte-organisasie AfriForum en die landbou-unie TLU SA het vandag in Centurion die statistieke bekendstel vir plaasmoorde en -aanvalle wat gedurende die eerste helfte van 2015 plaasgevind het en ook nuwe projekte, planne en groot aksies vir die prioritisering van plaasmoorde aangekondig. Statistiek dui aan dat 1747 plaasmoorde en 3542 plaasaanvalle tussen 1990 en middel…
Die plaasmoordsyfer het vir die vyfde agtereenvolgende jaar toegeneem. In 2014 is 61 plaasmoorde bevestig, en tot dusver vir 2015 is 62 plaasmoorde reeds aangeteken. In 2014 is 279 plaasaanvalle aangeteken. Vanjaar is 270 plaasaanvalle sover aangemeld en in 56 van dié aanvalle is 62 boere en werkers se lewens geneem. “Dit is kommerwekkend dat…
Vyf slagoffers wat plaasaanvalle oorleef het, gaan met die samewerking van AfriForum van 26 tot 29 September 2013 ’n roete van 1000 kilometer met kwadfietse vanaf Johannesburg na Durban ry ter bewusmaking van plaasmoorde. Die groep, bekend as die Frischgewaagd Dirt Riders, gaan deur vyftig plase ry, waar hulle literatuur en pamflette sal versprei om…
’n Kaapstadse hip-hopgroep het onlangs geslaag in hulle pogings om roem te verwerf deur rassisties te wees. Die afgelope week is aansienlike mediadekking gegee aan ’n groep wat ’n liedjie geskryf het met lirieke wat die luisteraar aanhits om te help om die plaas van ’n simboliese boer af te brand. Die lirieke wemel van…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.