AfriForum talks about farm murders on Sky News
https://www.youtube.com/watch?v=YF77vlXbTeo
Post Views: 678
Die burgerregtewaghond AfriForum het vandag die eerste weergawe van dié organisasie se plaasveiligheidsassessering bekend gestel as hulpmiddel vir mense in landelike gebiede om hul eiendomme te beveilig. Dit volg ná sowat 110 plaasaanvalle en -moorde landwyd sedert die begin van 2018. “Hierdie praktiese assessering bied ’n instrument aan die landelike gemeenskap om te meet hoe…
Dit het onder AfriForum se aandag gekom dat daar in Limpopo, die Vrystaat en KwaZulu-Natal onregmatig op gemeenskapslede se aanmelding by polisiestasies aangedring word na aanleiding van hul betrokkenheid by vandeesweek se #SwartMaandag-betogings regoor die land. “Die polisie is nou besig met politiekery en hul skending van mense se burgerregte getuig van hul onvermoë om…
AfriForum het November 2015 as ’n nasionale maand van protes teen plaasmoorde verklaar. Gedurende November sal verskeie aksies van stapel gestuur word wat daarop toegespits is om internasionale druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om plaasmoorde te prioritiseer. AfriForum versoek die publiek om hul ondersteuning aan hierdie veldtog te verklaar deur die webblad www.stopdiemoorde.co.za…
AfriForum het vandag ʼn klag van magsmisbruik, wanadministrasie, politieke afpersing en minagting van die hof teen die minister van polisie, Nathi Mthethwa, by die openbare beskermer ingedien. Die klag spruit voort uit die minister en sy verteenwoordigers se pogings om AfriForum se protesoptog teen plaasmoorde onwettig te verklaar ten spyte van ʼn hofbevel wat verklaar…
AfriForum het vandag die tweede verskyning van die beskuldigde in die moord op ʼn bejaarde egpaar van Barkly-Oos bygewoon. Thulani Mkhentane (22), ‘n burger van Lesotho, het sy borgaansoek teruggetrek en sal in aanhouding bly totdat hy weer op 28 November in die hof verskyn. “Die ondersoek gaan voort. Ons moet die polisie in Barkly-Oos…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.