AfriForum en TLU SA maak 2016-plaasmoordsyfers bekend
https://www.youtube.com/watch?v=BbRc9Kw-9tc
AfriForum se veiligheidstrukture in Kathu en Kuruman in die Noord-Kaap en Vryburg in Noordwes is saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) steeds op die spoor van drie vermeende plaasaanvallers, nadat ʼn 64-jarige boer, Christo Kruger op sy plaas, Byron, doodgeskiet is. Kruger se vrou, Vera, is ongedeerd. Dit blyk of niks gesteel is nie. “Christo…
AfriForum gaan Dinsdag en Woensdag (25 en 26 November 2014) die sewende sitting van die Menseregteraad van Verenigde Nasies (VN) se Forum oor Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland, bywoon om insette rakende die stand van minderheidsregte in Suid-Afrika te lewer. Dit sal die vyfde keer wees wat AfriForum die sitting van hierdie forum bywoon. Volgens Alana…
Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK), adv. Lawrence Mushwana het in ’n skrywe aan AfriForum bevestig dat die kommissie besluit het om ’n openbare verhoor oor plaasmoorde te hou. Die besluit is geneem tydens ’n sitting van al die SAMRK-kommissarisse, na oorweging van ’n formele versoek deur AfriForum. Die tema van die verhoor sal…
AfriForum het verneem dat Petrus Dambiso Moyo die afgelope 24 uur uit die Ellisras-polisiestasie se aanhoudingselle ontsnap het. Moyo is een van vier verdagtes wat verdink word van die moord op dr. Werner Emslie op 20 September 2017 op die plaas Afguns. “Dr. Emslie is een van 77 mense wat sedert die begin van 2017…
Hoewel daar nog drie dae voor die einde van Juniemaand oor is, was daar – vergeleke met die eerste ses maande van 2017 – reeds ’n 34%-styging in plaasaanvalle gedurende die eerste ses maande van 2018. Volgens AfriForum se rekords kon 33 plaasmoorde sedert die begin van die jaar geverifieer word. AfriForum het in besonder…
AfriForum gaan eerskomende Woensdag ’n petisie vir die prioritisering van plaasmoorde van stapel stuur, wat in November by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Switzerland ingedien sal word. Verskeie slagoffers, wat geliefdes in die afgelope paar jaar weens plaasmoorde aan die dood afgestaan het, gaan die bekendstellingsfunksie bywoon. Hul name sal bo-aan die…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.