AfriForum kap regering by VN
https://www.youtube.com/watch?v=-5oFBek4e2E
Post Views: 640
Plaasmoorde en plaasaanvalle is ’n tergende krisis en vraagstuk waarmee derduisende Suid-Afrikaners daagliks worstel. In plaas daarvan om net beskuldigings voor die ANC-regering of politici se deur te lê of die ekonomie of armoede die skuld te gee, het AfriForum se veiligheidseenheid tot die besef gekom dat mense in landelike gebiede se kwesbaarheid die wortel…
Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ʼn verslag uitgereik waarin die verband tussen politiek, haatspraak en ʼn styging in plaasmoorde uiteengesit word. In die verslag word vyf prominente gevalle behandel waarin haat en geweld deur politieke leiers teen wit boere aangehits is. Daar is bevind dat plaasmoorde in die maande wat direk op hierdie insidente van…
AfriForum gaan die plaasaanval op die Stiglingh-egpaar in Noordwes met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) opneem en ʼn versoek aan dié kommissie rig om standpunt vir die prioritisering van plaasmoorde in te neem. Die SAMRK het gistermiddag aan AfriForum bevestig dat hulle bereid is om hierdie saak verder te bespreek. ʼn Datum vir die gesprek sal…
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) hou aanstaande Maandag en Dinsdag ’n openbare verhoor oor plaasmoorde in Johannesburg. Dít, nadat AfriForum vroeër formele klagtes by die SAMRK ingedien het teen die traak-my-nieagtige ingesteldheid van die departement van polisie teenoor die voortslepende golf van plaasaanvalle en plaasmoorde in die land. Volgens AfriForum se rekords was daar al 91…
Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK), adv. Lawrence Mushwana het in ’n skrywe aan AfriForum bevestig dat die kommissie besluit het om ’n openbare verhoor oor plaasmoorde te hou. Die besluit is geneem tydens ’n sitting van al die SAMRK-kommissarisse, na oorweging van ’n formele versoek deur AfriForum. Die tema van die verhoor sal…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.