AfriForum vra hulp van buite
Die burgerregte waghond, AfriForum het ‘n verslag by die internasionale re- habilitasieraad vir slagoffers van marteling in Denemarke ingedien in sy voortgesette stryd teen plaasmoorde in Suid-Afrika.
Die burgerregte waghond, AfriForum het ‘n verslag by die internasionale re- habilitasieraad vir slagoffers van marteling in Denemarke ingedien in sy voortgesette stryd teen plaasmoorde in Suid-Afrika.
Die nuusberigte dat die nuwe landbouminister, Senzeni Zokwana, sy beeswagter slegs R26 per dag betaal getuig volgens AfriForum van die regerende ANC se dubbele standaarde ten opsigte van boere en plaaswerkers. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het verduidelik dat AfriForum die afgelope twee jaar by verskeie geleenthede deur senior regeringsamptenare meegedeel is dat…
Afriforum kongres Laai af Pensioenariskorting 2018-2019 Laai af Plaasaanvalle en -moorde Laai af Munisipale vullisterreinoudit Laai af Organisasies staan saam teen plaasmoorde Laai af Wapen bevoegdheid Laai af AfriForum Takprojekverslag Oor Die Munisipale Stortingsterreinoudit Laai af AfriForum-Takprojekverslag Laai af Spoedkameras en regulasies Laai af Witbank slaggate Laai af Blou- en -groendruppelprojek Laai af Die krag…
Die burgerregte-organisasie AfriForum en die Wes-Kaapse departement van gemeenskapsveiligheid gaan Sondag, 29 Oktober tydens ’n mediakonferensie in Kaapstad ’n gesamentlike plan vir die beveiliging van plase bekend maak. Dit volg ná die onlangse bekendmaking van die 2016/2017-misdaadstatistiek deur Fikile Mbalula, minister van polisie, en die nuutste statistiek deur AfriForum oor plaasaanvalle en -moorde wat die…
Die videoboodskap van ’n weduwee – wie se man tydens ’n plaasaanval voor haar en haar gesin vermoor is – aan pres. Cyril Ramaphosa en die mense van die VSA het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei – nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die VSA. Mariandra Heunis, weduwee van Johann Heunis…
AfriForum hou aanstaande week ʼn blitskonferensie oor plaasmoorde. Tydens die konferensie sal ʼn verslag bekendgestel word, wat gevallestudies bevat van growwe nalatigheid deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) met betrekking tot die ondersoek van plaasmoorde. Van die slagoffers wat geliefdes aan plaasmoorde afgestaan het, sal vertel hoe geregtigheid in hulle omstandighede as gevolg van nalatigheid tydens…
Terwyl die burgerregte-organisasie AfriForum en honderde lede van die publiek vandag ’n oomblik van stilte vir al die slagoffers van plaasmoorde by die Voortrekkermonument in Pretoria gehou het, is die bejaarde Bokkie Potgieter (70) wreed op ’n plaas in Vryheid in KwaZulu-Natal vermoor. Die organisasie het vandag as deel van #SwartMaandag saam met duisende landwyd…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.