|

Landbouminister se optrede getuig van dubbele standaarde in die ANC

Die nuusberigte dat die nuwe landbouminister, Senzeni Zokwana, sy beeswagter slegs R26 per dag betaal getuig volgens AfriForum van die regerende ANC se dubbele standaarde ten opsigte van boere en plaaswerkers.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het verduidelik dat AfriForum die afgelope twee jaar by verskeie geleenthede deur senior regeringsamptenare meegedeel is dat “wit boere” hulle werkers swak betaal en dat dit die grootste bron van konflik in landelike gebiede is.

“Daar word gereeld in die publiek daarop gesinspeel dat geweld in landelike gebiede die gevolg van rassisme is omdat plaaswerkers na bewering op groot skaal deur ‘wit boere’ mishandel en swak betaal word. Daar bestaan in die eerste plek geen bewys dat daar grootskaalse mishandeling van plaaswerkers is nie. In die tweede plek is die optrede van die minister ’n aanduiding dat die ANC hierdie sogenaamde wit boere as politieke slaansak gebruik om populêre steun onder kiesers te verkry, terwyl senior ANC lede hulle skuldig maak aan juis dit waarvan hulle hierdie boere beskuldig.”

Roets het bygevoeg dat AfriForum die kwessie van landelike veiligheid en plaasmoorde in besonder met Zokwana sal opneem.

Similar Posts