|

AfriForum verwelkom uitspraak oor Ottosdal-plaasmoord, vra pro-aktiewe plaasmoordstrategie

AfriForum het vandag gesê die burgerregte-organisasie is dankbaar oor die uitspraak in die plaasmoord-saak van André van der Merwe, ʼn boer van Ottosdal wat in 2011 vermoor is, maar bygevoeg dat ʼn reaktiewe benadering tot plaasmoorde nie sal bydra om hierdie verskynsel teen te werk nie. ʼn Beroep is op die minister van polisie, Nathi Mthethwa, gedoen om ʼn pro-aktiewe teenstrategie vir plaasmoorde in werking te stel.

Twee beskuldigdes, Thabo Mathloko en Shadrack Thapelo Smith, is albei in die Hooggeregsof in Mahikeng aan moord skuldig bevind en gevonnis tot lewenslange gevangenisstraf. André van der Merwe is op 30 April 2011 vier keer geskiet en toe lewend 1,5 kilometer ver agter sy bakkie gesleep. Een van die beskuldigdes is vrygespreek weens ʼn gebrek aan getuienis.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dat die skuldigbevinding van Mathloko en Smith ʼn bevestiging is dat geregtigheid in hierdie land kan geskied indien die onderskeie partye hul pligte sonder versuim uitvoer.

“Hierdie uitspraak kan Van der Merwe nie terugbring nie en kan nie die pyn en trauma wat deur die gemeenskap ervaar is wegneem nie. Die enigste langtermynoplossing is dat ʼn gefokusde teenstrategie vir plaasmoorde opgestel word, soos wat alreeds met verskeie ander unieke misdade gedoen is,” het Roets gesê.

Similar Posts