|

AfriForum versoek dringende afspraak met polisie- en landbouminister oor plaasmoorde

AfriForum het vandag ’n dringende afspraak met die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, versoek om moontlike oplossings vir die plaasmoordkrisis met hom te bespreek. Dit volg nadat daar in die afgelope twee weke ten minste sewe plaasaanvalle gepleeg is, wat een moord insluit. Dít, ondanks ’n onlangse bewering deur die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, dat die stryd teen plaasmoorde gewen word.

ʼn Afspraak is ook met die minister van landbou, bosbou en visserye, Senzeni Zokwana, aangevra.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dat plaasmoorde nie slegs landelike gemeenskappe raak nie, maar die hele Suid-Afrika.

“Ten spyte van verskeie wekroepe, blyk dit steeds dat die regering ’n traak-my-nieagtige houding teenoor die lewens van boere het,” aldus Roets.

Plaasaanvalle vir 2015 staan reeds op 38, waartydens 12 moorde gepleeg is.

Similar Posts