Farm Murders: Widow’s message to America
https://www.youtube.com/watch?v=5bhKir8-RTk
AfriForum het vandag die dringende ingryping van Fikile Mbalula, polisieminister, geëis nadat vier plaasmoorde in die afgelope 48 uur gepleeg is. Piet en Tilla van Zyl is Sondag naby Immerpan in Limpopo vermoor; Arno Niehaus is Sondag naby Maanhaarrand in Noordwes vermoor; en Anton Smuts is Sondag naby Kinross in Mpumalanga vermoor en aan die…
AfriForum se adjunk uitvoerende hoof, Ernst Roets, het vandag tydens die Verenigde Nasies (VN) se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switzerland, ʼn striemende aanval op die Suid-Afrikaanse regering se inset tydens die konferensie geloods. Die Suid-Afrikaanse regering het verklaar dat dié mense wat vra dat plaasmoorde geprioritiseer moet word, dit doen omdat hulle ’n rassistiese…
Die gestoei wat verlede week voor die minister van polisie se kantoor uitgebreek het, moet as ’n bevestiging beskou word dat AfriForum se beswaar oor die polisie se houding rakende plaasmoorde meriete het. Nie net is ekself en twee kollegas (Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid, en Marcus Pawson, provinsiale koördineerder vir Gauteng-Suid en Noordwes) hardhandig…
Record East: Derduisende bekommerde Suid-Afrikaners het onlangs saam met AfriForum hul stemme teen plaasmoorde laat hoor toe hulle verenig het in die hoop dat die regering met ‘n werkbare oplossing vorendag sal kom. Lees meer hier Post Views: 718
Fliekgangers het Donderdagaand wisselende emosies van hartseer, skok, verslaentheid en ’n dieper besef oor die realiteit van plaasmoorde verwoord nadat hulle die première van die Treurgrond-film in Menlyn in Pretoria bygewoon het. Sowat ’n duisend fliekgangers, die akteurs wat die rolle vertolk, die vervaardigingspan en talle bekendes uit die vermaaklikheidsbedryf het die eerste vertoning bygewoon….
AfriForum het Donderdag, 30 Mei saam met Elize Perrin, wie se broer, Mauritz Oberholzer verlede September op sy plaas vermoor is, ʼn klagtebundel van 10 klagtes by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien. Waarvoor vra AfriForum en wat is die Kommissie se terugvoer? Esmarie Prinsloo gesels met Ernst Roets… Kom luister gou saam Afrikwensie vir besonderhede… Post…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.