AfriForum se stryd teen plaasmoorde
https://www.youtube.com/watch?v=ghaLtr7P3js
Kraal Uitgewers se nuutste boek, Treurgrond is bekendgestel. Esmarie Prinsloo gesels met Ilze Nieuwoudt van Kraal Uitgewers oor hierdie boek. Post Views: 854
Ongeveer ʼn honderd Suid-Afrikaners wie se lewens deur plaasaanvalle verwoes is, se stories gaan môre aan die minister van polisie, Nathi Mthethwa oorhandig word. Die slagoffers gaan van die minister eis om sy stilswye te verbreek deur plaasmoorde tot ʼn prioriteitsmisdaad te verklaar. Die briewebundel sal saam met AfriForum deur Belinda van Noord, wie se…
AfriForum se takke in Pretoria, Centurion en die omliggende gebiede het op 25 November 2017 aan dié burgerregte-organisasie se protesoptog teen plaasaanvalle en -moorde deelgeneem. Die optog het vanaf die Pretoria Kunsmuseum na die Uniegebou plaasgevind. Dít volg nadat AfriForum se takke op 21 November 2017 memoranda aan meer as 100 polisiestasies landwyd oorhandig het…
Afriforum is tans besig met ‘n nasionale navorsingsprojek wat fokus op plaasaanvalle. Die onderwerp word breedvoerig ondersoek en sluit vele invalshoeke in om sodoende die omvattende aard en gevolge van plaasaanvalle te kan aanspreek. Dit is so ‘n komplekse fenomeen dat dit moeilik is om slegs op een aspek daarvan te isoleer en om op…
Post Views: 1,523
Bernadette Hall se man David is 20 Februarie 2012 op hulle melkplaas, Frischgewaagd in Fochville, Noordwes voor haar oë doodgeskiet. Sy, haar seuns, Bradly en Wesley, en André van den Berg het gister op ʼn 1000km-reis met kwadfietse vanaf Johannesburg na Ballito in KZN vertrek om bewusmaking oor plaasmoorde te skep. Hulle staan bekend as…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.