Kraal Uitgewers stel nuwe boek oor plaasmoorde vry
Kraal Uitgewers se nuutste boek, Treurgrond is bekendgestel. Esmarie Prinsloo gesels met Ilze Nieuwoudt van Kraal Uitgewers oor hierdie boek.
Die AfriForum-tak in Heidelberg het verlede week ’n skietdag gehou en ook selfverdedigingsopleiding aangebied. Daar was ongeveer 21 deelnemers wat in verskeie veiligheidstegnieke touwys gemaak is. Shalto Schoeman, die tak se veiligheidsvoorsitter, het onlangs as ’n Krav Maga-instrukteur gekwalifiseer en het die opleiding aangebied. “Gemeenskappe en veral boere se veiligheid en paraatheid behoort opgeskerp te…
AfriForum het op 7 Maart 2018 ’n versoek aan genl. Bheki Cele, die nuwe minister van polisie, gerig ten einde ’n ontmoeting te reël om plaasmoorde en onwettige grondbesetting te bespreek. Dít volg ná talle uitlatings vanuit politieke kringe sedert die begin van die jaar oor die onteiening van grond sonder vergoeding. “Politieke uitsprake wat…
AfriForum het vandag ʼn beroep op president Jacob Zuma gedoen om in gesprek te tree met slagoffers van plaasaanvalle. Die burgerregte-organisasie het ook sy kommer uitgespreek oor die feit dat die president klaarblyklik maklik tyd in sy dagboek kan inruim om aktief deel te neem aan ʼn bewusmakingsveldtog teen renosterstropery in die Nasionale Krugerwildtuin en…
Die burgerregte waghond, AfriForum het ‘n verslag by die Internasionale Re- liabilitasieraad vir Slagoffers van Marteling in Denemarke ingedien in sy voortgesette stryd teen plaasmoorde in Suid-Afrika. AfriForum is optimisties dat die raad hom sal beywer 0m druk op die regering te plaas 0monder meer beleid oor die opname van statistieke deur die polisie te…
AfriForum het opnuut ’n beroep op gemeenskappe, veral dié in plattelandse gebiede, gedoen om hulself te beveilig, en die burgerregte-organisasie te nader om buurtwagte te help vestig. Dít, na nóg twee plaasmoorde in Boschkop, oos van Pretoria, wat die getal plaasmoorde in die Boschkop en Cullinan-omgewing op drie in slegs drie dae te staan bring….
AfriForum het vandag gesê die burgerregte-organisasie is dankbaar oor die uitspraak in die plaasmoord-saak van André van der Merwe, ʼn boer van Ottosdal wat in 2011 vermoor is, maar bygevoeg dat ʼn reaktiewe benadering tot plaasmoorde nie sal bydra om hierdie verskynsel teen te werk nie. ʼn Beroep is op die minister van polisie, Nathi…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.