|

Heidelberg-tak hou skietdag en ontvang Krav Maga-opleiding

Die AfriForum-tak in Heidelberg het verlede week ’n skietdag gehou en ook selfverdedigingsopleiding aangebied. Daar was ongeveer 21 deelnemers wat in verskeie veiligheidstegnieke touwys gemaak is.

Shalto Schoeman, die tak se veiligheidsvoorsitter, het onlangs as ’n Krav Maga-instrukteur gekwalifiseer en het die opleiding aangebied.

“Gemeenskappe en veral boere se veiligheid en paraatheid behoort opgeskerp te word. Inisiatiewe soos dié bied ’n oplossing om proaktief te kan optree. Die onlangse vlaag plaasmoorde is ’n kommerwekkend en ons kan nie langer sit en wag om deel van die statistiek te word nie,” sê Wico Swanepoel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Suid.

“Die skietdag en Krav Maga-opleiding was ’n reusesukses en ons wil die gemeenskap aanmoedig om aktief by dié soort inisiatiewe betrokke te raak. Hierdie tegnieke word wêreldwyd gebruik en stel jou in staat om in noodsituasies te kan optree,” sê Schoeman.

Die tak beplan om op 30 September 2017 weer ’n veiligheidsdag vir die boere in die gemeenskap te hou waartydens daar op basiese noodhulpopleiding en beveiliging gefokus gaan word.

Neem deel aan die gratis veiligheidsdag: SMS “Veilig” na 45342 om jou plek te bespreek (R1).

Similar Posts