AfriForum kondig “Stop die Moorde” veldtog aan
https://www.youtube.com/watch?v=iEF5GPrCzZI
Fox News, die grootste televisienuuskanaal in die VSA, het gisteraand ’n onderhoud met Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, uitgesaai waarin plaasmoorde en die Suid-Afrikaanse regering se plan met betrekking tot onteiening sonder vergoeding in die kollig geplaas is. Op die program Tucker Carlson Tonight, wat in spitstyd in die VSA uitgesaai is, het…
Terwyl Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, en haar departement AfriForum verlede week daarvan beskuldig het dat die organisasie vals inligting versprei en internasionaal paniek saai, is feite vandag op ’n nuuskonferensie voorgehou oor wat die ware toedrag van sake in die land is. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, die organisasie se…
AfriForum het die minister van polisie, Nathi Mthethwa vandag daarvan beskuldig dat sy stilswye oor plaasmoorde aan aandadigheid grens. Dit volg nadat nog ʼn bejaarde egpaar (albei tussen 70 en 75 jaar) se lyke vanoggend op hul plaas in die Vrystaat ontdek is. Die liggaam van die man is op die vloer in die egpaar…
Terwyl die burgerregte-organisasie AfriForum en honderde lede van die publiek vandag ’n oomblik van stilte vir al die slagoffers van plaasmoorde by die Voortrekkermonument in Pretoria gehou het, is die bejaarde Bokkie Potgieter (70) wreed op ’n plaas in Vryheid in KwaZulu-Natal vermoor. Die organisasie het vandag as deel van #SwartMaandag saam met duisende landwyd…
Bernadette Hall se man David is 20 Februarie 2012 op hulle melkplaas, Frischgewaagd in Fochville, Noordwes voor haar oë doodgeskiet. Sy, haar seuns, Bradly en Wesley, en André van den Berg het gister op ʼn 1000km-reis met kwadfietse vanaf Johannesburg na Ballito in KZN vertrek om bewusmaking oor plaasmoorde te skep. Hulle staan bekend as…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.