|

Nog plaasmoorde: Mthethwa se stilswye grens aan aandadigheid

AfriForum het die minister van polisie, Nathi Mthethwa vandag daarvan beskuldig dat sy stilswye oor plaasmoorde aan aandadigheid grens. Dit volg nadat nog ʼn bejaarde egpaar (albei tussen 70 en 75 jaar) se lyke vanoggend op hul plaas in die Vrystaat ontdek is. Die liggaam van die man is op die vloer in die egpaar se plaaswinkel gevind en die vrou se liggaam is in die vrieskas gekry.

“Die minister se stilswye oor die vlaag van plaasmoorde wat die land getref het, is ʼn absolute skande,” het Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum gesê. “Indien die minister ernstig oor die beskerming van Suid-Afrikaners was, sou hy jare gelede reeds plaasmoorde tot ʼn prioriteitsmisdaad verklaar het.”

Roets het bygevoeg dat AfriForum nie net sy veldtog teen plaasmoorde vanjaar aktief sal voortsit nie, maar dat die organisasie die veldtog sal verskerp.

Meer inligting oor die volgende aksie sal môre aangekondig word.

  • AfriForum het verlede week ʼn klag by die Openbare Beskermer ingedien oor Mthethwa se onverantwoordelike hantering van die plaasmoordkrisis. Die klag is op aanvraag beskikbaar.

Similar Posts