Live From The Field
STOP PLAASMOORDE ek stem saam kry die buitelande ANC en Malema is die mense hulle wil nie luister nie jammer om te hoor van plaasboer n mens het nie woorde nie gaan gaan haal buite landers Dan gaan hulle hoor en voel
AfriForum het vandag ʼn memorandum aan 15 ambassades oorhandig waarin die burgerregte-organisasie versoek dat dié lande druk op die Suid-Afrikaanse regering moet uitoefen om die regte van minderhede te beskerm asook om die plaasmoordkrisis die hoof te bied. Die memorandum lê spesifiek klem op die optrede van verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse regering verlede week by…
AfriForum sal volgende week ’n aksieplan ter opskerping van sy veldtog vir die prioritisering van plaasmoorde bekendmaak. Die organisasie is bekommerd dat die toename in plaasmoorde en plaasaanvalle in 2013 blykbaar in 2014 gaan voortduur en vererger. Gedurende die afgelope vier dae het minstens vyf gewelddadige plaasaanvalle in die land plaasgevind. Die jongste insident het…
Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ʼn verslag uitgereik waarin die verband tussen politiek, haatspraak en ʼn styging in plaasmoorde uiteengesit word. In die verslag word vyf prominente gevalle behandel waarin haat en geweld deur politieke leiers teen wit boere aangehits is. Daar is bevind dat plaasmoorde in die maande wat direk op hierdie insidente van…
AfriForum sit sy veldtog voort om internasionale regerings in te lig oor die eiendomsbedreiging en plaasmoorde in Suid-Afrika, ondanks die kritiek wat Lindiwe Sisulu, die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, teenoor dié organisasie uitgespreek het. AfriForum het Sisulu se bewerings dat die burgerregte-organisasie verkeerde inligting versprei en paniek saai, verwerp. Volgens Alana Bailey, adjunk…
Terwyl die burgerregte-organisasie AfriForum en honderde lede van die publiek vandag ’n oomblik van stilte vir al die slagoffers van plaasmoorde by die Voortrekkermonument in Pretoria gehou het, is die bejaarde Bokkie Potgieter (70) wreed op ’n plaas in Vryheid in KwaZulu-Natal vermoor. Die organisasie het vandag as deel van #SwartMaandag saam met duisende landwyd…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.