AfriForum en duisende Suid-Afrikaners wys in swart steun teen plaasmoorde
https://www.youtube.com/watch?v=ezB85pyTbw4
Verskeie burgerlike organisasies en opposisiepartye het vandag tydens ’n gesamentlike mediakonferensie in Centurion standpunt teen plaasmoorde ingeneem en ’n beroep op die Suid-Afrikaanse regering gedoen om indringend in te gryp om dié krisis te prioritiseer. Die organisasies het hulle ook almal daaraan verbind om deel te neem aan die protesoptog teen plaasmoorde wat vir Saterdag,…
AfriForum het vandag in Centurion ʼn verslag bekendgestel waarin die growwe nalatigheid deur polisiebeamptes met betrekking tot die ondersoek van plaasaanvalle blootgelê is. Verskeie slagoffers van plaasaanvalle het die geleentheid bygewoon en vertel hoe hulle regte geskend is as gevolg van swak polisie-ondersoeke. Een van die slagoffers, Bernadette Hall het onder meer vertel hoe twee…
AfriForum het vandag ʼn beroep gedoen op Suid-Afrikaners wat deur plaasaanvalle geraak is om betrokke te raak by die stryd om die minister van polisie, Nathi Mthethwa, te oortuig om plaasmoorde tot ʼn prioriteitsmisdaad te verklaar. Vir hierdie doel is slagoffers aangemoedig om hul stories na stopdiemoorde@afriforum.co.za te stuur, sodat hul by ʼn verskerpte veldtog…
Dit het onder AfriForum se aandag gekom dat daar in Limpopo, die Vrystaat en KwaZulu-Natal onregmatig op gemeenskapslede se aanmelding by polisiestasies aangedring word na aanleiding van hul betrokkenheid by vandeesweek se #SwartMaandag-betogings regoor die land. “Die polisie is nou besig met politiekery en hul skending van mense se burgerregte getuig van hul onvermoë om…
AfriForum het deur middel van die webblad www.hoelanknog.co.za reeds meer as 10 000 e-posse van die publiek vir die minister van polisie, Nathi Mthethwa, gestuur waarin die prioritisering van plaasmoorde gevra word. Hierdie e-posse sal ook deel vorm van die petisie wat AfriForum in November by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede sal indien….
AfriForum sit sy veldtog voort om internasionale regerings in te lig oor die eiendomsbedreiging en plaasmoorde in Suid-Afrika, ondanks die kritiek wat Lindiwe Sisulu, die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, teenoor dié organisasie uitgespreek het. AfriForum het Sisulu se bewerings dat die burgerregte-organisasie verkeerde inligting versprei en paniek saai, verwerp. Volgens Alana Bailey, adjunk…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.