Statistieke oor plaasaanvalle en -moorde gedurende 2014 bekendgemaak
https://www.youtube.com/watch?v=OooxFFa84Gk
Die Menseregtekommissie (MRK) wil binnekort ‘n openbare verhoor hou oor veiligheid en die skending van menseregte op plase. Dit sal plaasmoorde en diensvoorwaardes vir werkers op plase insluit. Isaac Mangena, MRK-woordvoerder, het gister gesê die kommissie het nog altyd menseregteskendings op plase veroordeel. Lees meer hier Post Views: 842
AfriForum gaan eerskomende Woensdag ’n petisie vir die prioritisering van plaasmoorde van stapel stuur, wat in November by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Switzerland ingedien sal word. Verskeie slagoffers, wat geliefdes in die afgelope paar jaar weens plaasmoorde aan die dood afgestaan het, gaan die bekendstellingsfunksie bywoon. Hul name sal bo-aan die…
Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n opbouende vergadering met die minister van landbou, bosbou en visserye, mnr. Senzeni Zokwana gehad waar moontlike stappe bespreek is wat geneem kan word om die veiligheid van boere en ander Suid-Afrikaners in landelike gebiede, te verbeter. Die minister was beïndruk met die stappe wat AfriForum reeds in plek gestel het…
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n voorlegging oor plaasmoorde in Suid-Afrika aan lede van die Wes-Australiese parlement gemaak. Dié voorlegging volg nadat daar vanjaar reeds nagenoeg 346 plaasaanvalle en 46 -moorde aangeteken is, terwyl pres. Cyril Ramaphosa hierdie tragedie ontken. “Parlementslede is veral geskok oor die feit dat pres. Ramaphosa die bestaan van plaasmoorde in…
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie die nuutste plaasaanvalstatistiek vir 2019 bekend gemaak. ’n Plaasaanvalslagoffer het ook die grusame gebeure van die aanval waartydens sy geskiet en verkrag is met die media gedeel. Altesaam 184 plaasaanvalle het reeds vanjaar plaasgevind waarvan 20 plaasmoorde was. Gauteng (51 aanvalle), Noordwes (28 aanvalle) en Limpopo (27…
Die burgerregte waghond, AfriForum het ‘n verslag by die internasionale re- habilitasieraad vir slagoffers van marteling in Denemarke ingedien in sy voortgesette stryd teen plaasmoorde in Suid-Afrika. Lees meer hier Post Views: 619
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.