|

Konferensie oor plaasmoorde

AfriForum hou aanstaande week ʼn blitskonferensie oor plaasmoorde. Tydens die konferensie sal ʼn verslag bekendgestel word, wat gevallestudies bevat van growwe nalatigheid deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) met betrekking tot die ondersoek van plaasmoorde.

Van die slagoffers wat geliefdes aan plaasmoorde afgestaan het, sal vertel hoe geregtigheid in hulle omstandighede as gevolg van nalatigheid tydens polisie-ondersoeke nie geseëvier het nie. Die verslag sal na afloop van die konferensie aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) besorg word. Die SAMRK oorweeg tans ʼn aantal klagtes oor plaasmoorde.

AfriForum gaan ook ʼn handleiding bekendstel wat onder die organisasie se plaaslike strukture, sowel as gemeenskapsveiligheidsnetwerke regoor die land versprei sal word. Die handleiding dek verskeie probleemareas wat in die verslag identifiseer is. Dit sluit in die beskerming van misdaadtonele en die proses wat deur die polisie gevolg moet word om ʼn misdaad te ondersoek.

Hoewel beperkte ruimte beskikbaar is, rig AfriForum hiermee ʼn uitnodiging aan sy lede in die Pretoria-omgewing om dit by te woon. ʼn Ligte middagete sal voorsien word.

Die besonderhede is soos volg:

Datum: Woensdag, 19 Junie 2013
Tyd: 8:30 (program begin stiptelik 9:00) tot 12:00.
Plek: KleinKaap konferensiesentrum, Centurion (padkaart aangeheg)
RSVP: Mariaan du Toit, voor of op Maandag, 17 Junie 2013 mariaan@afriforum.co.za

Die konferensie vorm deel van AfriForum se Stop die Moorde-veldtog, wat in samewerking met die Solidariteit Beweging gevoer word.

Similar Posts