|

AfriForum eis aksieplan van Fikile

Die burgerregte-waghond AfriForum het vandag versoek dat Fikile Mbalula, minister van polisie, dringend ingryp in die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu) se beplande landwye staking wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se 10111-dienssentrumpersoneel betrek, wat salarisverhogings eis.

Oscar Skommere, hoofsekretaris van Sapu, sê dat honderde van die 10111-personeel gaan staak vanaf 6 Junie, maar dat hulle vir bestuur van die SAPD 14 werkdae gegee het om gunstige reaksie tot hul eise te toon. “Sou dit nie gebeur nie, sal SAPD-dienssentrums tot ’n stilstand gebring word deur hierdie staking,” waarsku hy.

Hein Gonzales, gemeenskapsveiligheid-, regs- en risikoadviseur vir AfriForum, het ’n skriftelike eis aan minister Mbalula gestuur waarin hy hom versoek om dringend in te gryp in hierdie saak en aan AfriForum ’n proaktiewe aksieplan te verskaf om ’n krisis in Suid-Afrika as gevolg van dié staking te vermy.

“Inaggenome dat nie minder nie as agt plaasmoorde in die afgelope maand gepleeg is en die oorhoofse misdaadkrisis wat die land in die gesig staar, is dit uiters kommerwekkend dat só ’n staking beplan word.”

“Ons wag angstig vir die minister se dringende terugvoer en wil beklemtoon dat AfriForum sal wil bystand bied en kragte met die SAPD saamspan in dié verband, indien dit nodig sou wees,” sluit Gonzales af.

Similar Posts