|

Skrywe aan Mthethwa se woordvoerder

24 Oktober 2012

In die lig van Mthethwa se voortslepende traak-my-nieagtige houding oor plaasmoorde, het AfriForum die minister se kantoor in kennis gestel dat die organisasie van voorneme is om saam met slagoffers van plaasmoorde voor die minister se kantoor te betoog. Gedurende ‘n telefoongesprek op 23 Oktober 2012 het die minister se woordvoerder, Zweli Mnisi aan AfriForum se adjunk uitvoerende hoof, Ernst Roets gesê dat hy geen kennis dra van die besware oor plaasmoorde nie.

AfriForum het in reaksie hierop op 24 Oktober 2012 ‘n skrywe aan Mnisi gerig, waarby die bovermelde aksies se besonderhede en dokumentasie aangeheg is. Die skrywe is na Mnisi se persoonlike en amptelike e-posadresse gestuur, soos deur hom voorsien. Hoewel Mnisi daarvoor gevra het, het hy nooit op die skrywes gereageer nie.

Similar Posts