Wreedheid van plaasaanvalle neem toe
https://www.youtube.com/watch?v=SKCVKwq-T9o
Die burgerregte-organisasie AfriForum en die landbou-unie TLU SA het die statistieke vir plaasaanvalle en plaasmoorde wat gedurende 2014 plaasgevind het vandag tydens ’n gesamentlike mediakonferensie in Centurion bekendgemaak. ’n Totaal van 277 plaasaanvalle het in 2014 plaasgevind, waarvan die besonderhede deur AfriForum en TLU bevestig kon word. In dieselfde jaar kon 67 plaasmoorde bevestig word….
Die burgerregte-organisasie AfriForum het die afgelope week in Washington, D.C. groot vordering gemaak met sy inisiatief om buitelandse steun te werf vir sy veldtogte met betrekking tot die beskerming van eiendomsreg en die prioritisering van ’n aksieplan teen plaasmoorde. As deel van hierdie skakeltoer het AfriForum ’n vergadering met ’n afvaardiging van die Amerikaanse regering…
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria aangevoer dat die inligting wat dié organisasie tans in die internasionale gemeenskap rakende onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde versprei, gegrond is op feite wat bevestig dat daar wél ‘n ernstige bedreiging van eiendomsreg en menselewens in Suid-Afrika bestaan. Hierdie bedreiging geld veral vir minderheidsgemeenskappe in…
AfriForum en slagoffers gaan plaasmoordpetisie na VN neem AfriForum en slagoffers wie se geliefdes op plase vermoor is, het ’n petisie vir die prioritisering van plaasmoorde begin, wat in November vanjaar by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede ingedien sal word. By die geleentheid is ’n verslag, getiteld “Die Mthethwa-dossier” bekendgestel. Die verslag bevat…
AfriForum het ʼn suksesvolle internasionale staptog saam met die gemeenskap, vriende en familie van die vermoorde Christine Robinson in Thabazimbi in Limpopo gehou. Die staptog is gelyktydig in Thabazimbi, Londen (Engeland), Liverpool (Engeland) asook in Vancouver in Kanada gehou ter nagedagtenis aan mev. Robinson en ook om druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.