|

Verhoor van vermeende plaasmoordenaars begin in Potchefstroom

Twee vermeende plaasmoordenaars, wat ʼn melkboer van Fochville, David Hall, in Februarie 2012 vermoor het, verskyn op Maandag, 8 April in die Potchefstroomse Hooggeregshof. Die burgerregte-organisasie AfriForum wil hê die regering moet weereens oorweeg om plaasaanvalle te prioritiseer en sal die Hall-familie in hierdie opsig bystaan. Reg Crewe, die hoof van gemeenskapsveiligheid van AfriForum sê…

|

AfriForum wil Menseregtekommissie spreek oor plaasmoorde

AfriForum het vandag ʼn afspraak aangevra met die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK), adv. Lawrence Mushwana, om die Kommissie se begrip te verkry vir AfriForum se veldtog teen plaasmoorde. In die skrywe wat aan Mushwana gerig is, verduidelik Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, dat die organisasie tans besig is om ʼn aantal…

|

AfriForum verwelkom uitspraak oor Ottosdal-plaasmoord, vra pro-aktiewe plaasmoordstrategie

AfriForum het vandag gesê die burgerregte-organisasie is dankbaar oor die uitspraak in die plaasmoord-saak van André van der Merwe, ʼn boer van Ottosdal wat in 2011 vermoor is, maar bygevoeg dat ʼn reaktiewe benadering tot plaasmoorde nie sal bydra om hierdie verskynsel teen te werk nie. ʼn Beroep is op die minister van polisie, Nathi…

|

AfriForum gaan Stiglingh-plaasmoord met SAMRK opneem

AfriForum gaan die plaasaanval op die Stiglingh-egpaar in Noordwes met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) opneem en ʼn versoek aan dié kommissie rig om standpunt vir die prioritisering van plaasmoorde in te neem. Die SAMRK het gistermiddag aan AfriForum bevestig dat hulle bereid is om hierdie saak verder te bespreek. ʼn Datum vir die gesprek sal…

End of content

End of content