Forum Nuus: Forum Nuus gesels met organiseerder van internasionale optogte teen plaasmoorde
https://www.youtube.com/watch?v=6unOjBHf_E4
Fox News, die grootste televisienuuskanaal in die VSA, het gisteraand ’n onderhoud met Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, uitgesaai waarin plaasmoorde en die Suid-Afrikaanse regering se plan met betrekking tot onteiening sonder vergoeding in die kollig geplaas is. Op die program Tucker Carlson Tonight, wat in spitstyd in die VSA uitgesaai is, het…
Die plaasmoord- en plaasaanvalstatistiek vir die 2016/2017-finansiële jaar is vandag deur die AfriForum Navorsingsinstituut (ANI) in Pretoria bekend gestel. Die totale aantal geverifieerde plaasaanvalle vir die 2016/2017-tydperk is 357 en die aantal plaasmoorde ’n kommerwekkende 74. AfriForum het ook vandag met ’n konvooi na die Uniegebou gery waar ’n petisie met 175 000 name teen…
Twee boere is die afgelope week in plaasaanvalle vermoor wat die kwessie van behoorlike veiligheid opnuut in die kollig plaas. Christo Kruger (63) van die plaas Byron in die Kuruman-omgewing is verlede week op sy plaas doodgeskiet in wat vermoedelik ’n wraakaanval deur ’n voormalige werknemer was. Hy is in die bors geskiet nadat hy…
STOP PLAASMoORDE ASSEBLIEF Die Probleem le by Regering van die dag ons almal was kinders toe se ons ANC is Moordenaars en diewe dis warefeite van die lewe daar is nie Wet en Order nie waar is die DoodStraf Hul neem mense in die en werk word nie behoorlik gedoen nie hul maak foute Dan…
Inligtingstuk om gemeenskappe bewus te maak van plaasmoorde en die bemagtiging van slagoffers. Inhoud: Prioritisering van plaasaanvalle Die hantering van ondersoeke Die bemagtiging van slagoffers Laai af Post Views: 918
Die Menseregtekommissie (MRK) wil binnekort ‘n openbare verhoor hou oor veiligheid en die skending van menseregte op plase. Dit sal plaasmoorde en diensvoorwaardes vir werkers op plase insluit. Isaac Mangena, MRK-woordvoerder, het gister gesê die kommissie het nog altyd menseregteskendings op plase veroordeel. Lees meer hier Post Views: 978
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.