Kraal Uitgewers stel nuwe boek oor plaasmoorde vry
Kraal Uitgewers se nuutste boek, Treurgrond is bekendgestel. Esmarie Prinsloo gesels met Ilze Nieuwoudt van Kraal Uitgewers oor hierdie boek.
AfriForum het vandag die minister van polisie, Nathi Mthethwa gevra om vir die slagoffers van plaasaanvalle self te gaan sê dat hulle pleidooi vir sterker polisie-optrede teenoor plaasmoorde maar net ʼn “publisiteitsfoefie” is. Dit volg nadat die minister vandag, by monde van sy woordvoerder, Zweli Mnisi, ʼn mediaverklaring uitgereik het, waarin hy die oorhandiging van…
AfriForum het Donderdag, 30 Mei saam met Elize Perrin, wie se broer, Mauritz Oberholzer verlede September op sy plaas vermoor is, ʼn klagtebundel van 10 klagtes by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien. Waarvoor vra AfriForum en wat is die Kommissie se terugvoer? Esmarie Prinsloo gesels met Ernst Roets… Kom luister gou saam Afrikwensie vir besonderhede… Post…
AfriForum het vandag gesê die burgerregte-organisasie is dankbaar oor die uitspraak in die plaasmoord-saak van André van der Merwe, ʼn boer van Ottosdal wat in 2011 vermoor is, maar bygevoeg dat ʼn reaktiewe benadering tot plaasmoorde nie sal bydra om hierdie verskynsel teen te werk nie. ʼn Beroep is op die minister van polisie, Nathi…
AfriForum het vandag ʼn klag van magsmisbruik, wanadministrasie, politieke afpersing en minagting van die hof teen die minister van polisie, Nathi Mthethwa, by die openbare beskermer ingedien. Die klag spruit voort uit die minister en sy verteenwoordigers se pogings om AfriForum se protesoptog teen plaasmoorde onwettig te verklaar ten spyte van ʼn hofbevel wat verklaar…
Personeellede van die burgerregte-organisasie AfriForum is onlangs deur die skrywer AnnMaree Barry genooi om as gassprekers in Calitzdorp op te tree tydens die bekendstelling van haar nuutste boek getiteld Afvlerkvoëls. Barry is ’n sersant verbonde aan die Calitzdorp-polisiestasie en die boek handel oor die hartseer van ’n plaasaanval en die trauma wat daarna ervaar word….
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.