Statistieke oor plaasaanvalle en -moorde gedurende 2014 bekendgemaak
https://www.youtube.com/watch?v=OooxFFa84Gk
Die burgerregtewaghond AfriForum is van mening dat daar tans geen beheer oor misdaad in Suid-Afrika is nie en dat landsburgers ’n verdere toename in geweldmisdaad kan verwag. Dít volg nadat Fikile Mbalula, minister van polisie, vandag met die bekendmaking van die misdaadstatistiek vir 2016/2017 aangekondig het dat die moordsyfer vir die afgelope jaar met 1,8%…
Post Views: 756
AfriForum het hom sterk uitgespreek oor gister se gru-moorde op ʼn bejaarde Duitse egpaar en hul seun in Richmond, KwaZulu-Natal. Dié burgerregte-organisasie sê die regering se stilswye oor plaasmoorde dra by tot aanvalle op boere, omdat die regering geen veiligheidsbystand aan boere lewer nie. ʼn Boer (76), sy vrou (65) en seun (33) se liggame…
Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum en Lorraine Claasen, navorser by dié burgerregte-organisasie, is pas terug van die 15 de internasionale simposium van die World Society of Victimology in Perth, Australië, waar hulle die internasionale gemeenskap oor die omvang en erns van plaasmoorde ingelig het. Roets het gesê hulle het ook ’n groep Suid-Afrikaners…
AfriForum stuur eersdaags ’n versoek aan die nuwe polisieminister Bheki Cele om die organisasie se praktiese stappe aan hom voor te lê om plaasaanvalle en -moorde te bekamp. “Daar het vanjaar reeds meer as 90 plaasaanvalle in die land plaasgevind, met sowat 10 moorde op plase. Dit is reeds meer as dieselfde tyd verlede jaar….
AfriForum het vandag beeldmateriaal van ’n plaasaanval by ’n blitskonferensie in Centurion aan die media beskikbaar gestel. Hierdie materiaal sal deel vorm van die voorlegging oor plaasmoorde wat AfriForum op 26 en 27 November by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Geneve, Switzerland gaan indien. Hoewel die beeldmateriaal nie geweld bevat nie, sal…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.