AfriForum: Gesprek oor plaasmoorde met Steve Hofmeyr en Rian van der Walt.
https://www.youtube.com/watch?v=0_0BZFeKYGQ
AfriForum het deur middel van die webblad www.hoelanknog.co.za reeds meer as 10 000 e-posse van die publiek vir die minister van polisie, Nathi Mthethwa, gestuur waarin die prioritisering van plaasmoorde gevra word. Hierdie e-posse sal ook deel vorm van die petisie wat AfriForum in November by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede sal indien….
Post Views: 940
AfriForum het vandag ’n PAIA-aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (wetno. 2 van 2000) aan die kantoor van Supra Mahumapelo, premier van die Noordwes, gestuur oor die oprigting van ’n standbeeld van pres. Jacob Zuma in Groot Marico. In dié aansoek versoek die burgerregte-organisasie die volgende inligting: Die notules…
Post Views: 727
’n Emosionele en hartverskeurende toneel het vanmiddag op die plaas Vaalbank, buite Bronkhorstspruit, afgespeel waar Duncan Nyawo, die stapper teen plaasmoorde, sy naamgenoot, dr. Duncan Prinsloo, ontmoet het wat in 2008 die slagoffer van ’n wrede plaasaanval was en waarin sy vrou doodgeskiet is. Prinsloo, ’n boer en veearts, wat in sy onderlyf verlam is…
“Ondanks meer as 195 plaasaanvalle vanjaar het Bheki Cele, die minister van polisie, steeds nie plaasmoorde tot prioriteitsmisdade verklaar nie. Hierdie stilswye en apatie dui daarop dat die regering in wese plaasmoorde en -aanvalle as misdade deprioritiseer,” sê Ian Cameron, AfriForum se veiligheidshoof. Cameron meen dat die staat en veral die minister se ontkenning van…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.