AfriForum verskerp veldtog vir internasionale bewusmaking van plaasmoorde
https://www.youtube.com/watch?v=13yLbBgOLLw
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n voorlegging oor plaasmoorde in Suid-Afrika aan lede van die Wes-Australiese parlement gemaak. Dié voorlegging volg nadat daar vanjaar reeds nagenoeg 346 plaasaanvalle en 46 -moorde aangeteken is, terwyl pres. Cyril Ramaphosa hierdie tragedie ontken. “Parlementslede is veral geskok oor die feit dat pres. Ramaphosa die bestaan van plaasmoorde in…
Die rug toegekeer “Luister na my wanneer ek hierdie bundel aan jou oorhandig. Ek gee dit nie vir jou omdat ek wit is nie. Ek gee dit vir jou omdat ek ‘n Suid-Afrikaner is en omdat julle ‘n verantwoordelikheid het om alle Suid-Afrikaners te beskerm – dit sluit die boere in.” Dit was die woorde…
AfriForum hou aanstaande week ʼn blitskonferensie oor plaasmoorde. Tydens die konferensie sal ʼn verslag bekendgestel word, wat gevallestudies bevat van growwe nalatigheid deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) met betrekking tot die ondersoek van plaasmoorde. Van die slagoffers wat geliefdes aan plaasmoorde afgestaan het, sal vertel hoe geregtigheid in hulle omstandighede as gevolg van nalatigheid tydens…
AfriForum het ʼn suksesvolle internasionale staptog saam met die gemeenskap, vriende en familie van die vermoorde Christine Robinson in Thabazimbi in Limpopo gehou. Die staptog is gelyktydig in Thabazimbi, Londen (Engeland), Liverpool (Engeland) asook in Vancouver in Kanada gehou ter nagedagtenis aan mev. Robinson en ook om druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om…
Post Views: 1,035
AfriForum het vandag beeldmateriaal van ’n plaasaanval by ’n blitskonferensie in Centurion aan die media beskikbaar gestel. Hierdie materiaal sal deel vorm van die voorlegging oor plaasmoorde wat AfriForum op 26 en 27 November by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Geneve, Switzerland gaan indien. Hoewel die beeldmateriaal nie geweld bevat nie, sal…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.