Plaasmoorde word prioritiseer
https://www.youtube.com/watch?v=2Yb17Twm68k
Beste vriende, OPROEP OM BY BUURTWAGTE IN TE SKAKEL Ons almal is met reg woedend en ontsteld oor die wrede moorde op boere terwyl die regering skynbaar niks daaraan doen nie. Dié plaasaanvalle hou nou al jare aan, en vanjaar was daar reeds 341 aanvalle en 70 moorde. Dit neem vir die sesde agtereenvolgende jaar…
AfriForum wil minister van landbou ontmoet ’n Boer van Leslie in Mpumalanga is in ’n bedenklike toestand in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria nadat hy vergeefs by sy aanvallers gepleit het om hom nie te skiet nie. Mnr. Chris van Deventer (62) is verlede Woensdagoggend deur sy motorvenster geskiet nadat hy twee booswigte agterna gesit…
Die burgerregte-organisasie AfriForum en die Wes-Kaapse departement van gemeenskapsveiligheid gaan Sondag, 29 Oktober tydens ’n mediakonferensie in Kaapstad ’n gesamentlike plan vir die beveiliging van plase bekend maak. Dit volg ná die onlangse bekendmaking van die 2016/2017-misdaadstatistiek deur Fikile Mbalula, minister van polisie, en die nuutste statistiek deur AfriForum oor plaasaanvalle en -moorde wat die…
Die burgerregte-organisasie AfriForum se gemeenskapsveiligheidspan het die afgelope week ’n dag saam met die Engelbrecht-familie buite Fochville spandeer nadat twee lede van dié familie – Fanie (78) en Colleen (74) – op 13 Mei vanjaar tydens ’n wrede plaasaanval vermoor is. ’n Duitse openbare TV-uitsaaier – Zweites Deutsches Fernsehen (ZDF) – het AfriForum tydens die…
Die burgerregte-organisasie AfriForum en die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika (TLU SA) het vandag tydens ’n mediakonferensie in Centurion ’n kommerwekkende styging in plaasaanvalle en plaasmoorde vir 2016 bekend gemaak met die aankondiging van dié amptelike syfers. Hierdie stygende tendens is nou reeds vir die sesde agtereenvolgende jaar te bespeur. Die 2016-syfer van 64 moorde is…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.