Farm Murders: Widow’s message to America
https://www.youtube.com/watch?v=5bhKir8-RTk
AfriForum verwelkom die aankondiging van lt.genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, dat plaasmoorde, plaasaanvalle en veediefstal deur die polisie geprioritiseer gaan word. AfriForum dryf al vir jare ’n veldtog vir die prioritisering van plaasmoorde, en het selfs by verskeie geleenthede die Verenigde Nasies hieroor genader. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê…
AfriForum het vandag ’n PAIA-aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (wetno. 2 van 2000) aan die kantoor van Supra Mahumapelo, premier van die Noordwes, gestuur oor die oprigting van ’n standbeeld van pres. Jacob Zuma in Groot Marico. In dié aansoek versoek die burgerregte-organisasie die volgende inligting: Die notules…
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) behoort die rassistiese uitlatings te ondersoek wat ’n ANC-raadslid van die Govan Mbeki Munisipaliteit in Mpumalanga glo gemaak het. Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, meen daar hoef nie eers ’n klag teen Kenny Barrel Nkosi ingedien te word, alvorens die MRK dit ondersoek nie. Luidens mediaberigte het Nkosi glo…
Die Suid-Afrikaanse regering se houding teenoor plaasmoorde is die ergste vorm van diskriminasie denkbaar en hoewel die departement van polisie die grootste sondebok is, strek die probleem egter veel wyer as dit. Verskeie pogings is al deur AfriForum (en ander organisasies) aangewend om die vlaag plaasmoorde en potensiële oplossings daarvoor met die minister van polisie…
Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ʼn verslag uitgereik waarin die verband tussen politiek, haatspraak en ʼn styging in plaasmoorde uiteengesit word. In die verslag word vyf prominente gevalle behandel waarin haat en geweld deur politieke leiers teen wit boere aangehits is. Daar is bevind dat plaasmoorde in die maande wat direk op hierdie insidente van…
AfriForum doen opnuut ’n beroep op die regering om plaasmoorde tot prioriteitsmisdaad te verklaar en spesialiseenhede vir landelike beveiliging te ontplooi. Dít kom nadat Andrew en Loryn Monakane (albei 39) vroeër vandeesmaand wreedaardig op hul plaas Graigmont naby Dewetsdorp in die Vrystaat vermoor is. Volgens AfriForum se register is die Monakanes die eerste swart boere-egpaar…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.