AfriForum skop stof op ter bewusmaking van plaasmoorde
https://www.youtube.com/watch?v=pPtyUluz7Nc
Post Views: 786
AfriForum en slagoffers wie se geliefdes op plase vermoor is, het vandag in Pretoria ’n petisie vir die prioritisering van plaasmoorde begin, wat in November vanjaar by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede ingedien sal word. By die geleentheid is ’n verslag, getiteld “Die Mthethwa-dossier” ook bekendgestel. Die verslag bevat die besonderhede van tien…
Die burgerregte-organisasie AfriForum het die verslag wat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) vandag oor aanvalle en moorde op landelike gebiede bekend gestel het, verwelkom. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dat hoewel die organisasie sekere voorbehoude oor die detail van die verslag het, is die aanbevelings wat daarin deur die SAMRK gemaak word,…
Die burgerregtewaghond AfriForum het vandag die eerste weergawe van dié organisasie se plaasveiligheidsassessering bekend gestel as hulpmiddel vir mense in landelike gebiede om hul eiendomme te beveilig. Dit volg ná sowat 110 plaasaanvalle en -moorde landwyd sedert die begin van 2018. “Hierdie praktiese assessering bied ’n instrument aan die landelike gemeenskap om te meet hoe…
AfriForum het vandag aangekondig dat hy aanstaande maand ’n verskerpte veldtog van stapel sal stuur teen die regering se weiering om plaasmoorde te prioritiseer. Die organisasie is ook tans besig met die opstel van ’n dokument, genaamd “Die Mthethwa-dossier”. Die dokument bevat die besonderhede van tien gevalle in die afgelope twee jaar waartydens slagoffers wat…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.