AfriForum: Gesprek oor plaasmoorde met Steve Hofmeyr en Rian van der Walt.
https://www.youtube.com/watch?v=0_0BZFeKYGQ
Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum en Lorraine Claasen, navorser by dié burgerregte-organisasie, is pas terug van die 15 de internasionale simposium van die World Society of Victimology in Perth, Australië, waar hulle die internasionale gemeenskap oor die omvang en erns van plaasmoorde ingelig het. Roets het gesê hulle het ook ’n groep Suid-Afrikaners…
Die burgerregtewaghond AfriForum is van mening dat daar tans geen beheer oor misdaad in Suid-Afrika is nie en dat landsburgers ’n verdere toename in geweldmisdaad kan verwag. Dít volg nadat Fikile Mbalula, minister van polisie, vandag met die bekendmaking van die misdaadstatistiek vir 2016/2017 aangekondig het dat die moordsyfer vir die afgelope jaar met 1,8%…
Post Views: 515
AfriForum het opnuut ʼn beroep op die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, gedoen om plaasmoorde te prioritiseer. Dít volg nadat ’n bejaarde egpaar en hul vriendin die naweek op hul wildsplaas naby Thabazimbi aangeval is. Bruno Res (73) is in die arm en sy vrou Petru (60) in die kop geskiet. Die egpaar is deur…
AfriForum het ’n beroep op die minister van polisie, Nathi Mthethwa, gedoen om aan die publiek te verduidelik waarom hy dit nie nodig ag om by die plaasmoordkrisis in te gryp nie. Die volg nadat nog ’n boer gister op ’n plaas naby Sabie in Mpumalanga vermoor is. Paul Madison (63) en sy vrou Gwyneth…
19 Junie 2013 Presies een jaar nadat meer as ‘n duisend Suid-Afrikaners na die president se kantoor gestap het om vir ingryping te vra, het AfriForum ‘n verslag bekendgestel, waarin die growwe nalatiheid van polisiebeamptes by die ondersoeke van plaasmoorde uitgewys word. Die verslag is tydens ‘n konferensie bekendgestel en ‘n afskrif daarvan is aan…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.