Farm attacks: Victims tell their stories
https://www.youtube.com/watch?v=yS-yy9HrQ7U
Post Views: 1,033
AfriForum verwelkom die aankondiging van lt.genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, dat plaasmoorde, plaasaanvalle en veediefstal deur die polisie geprioritiseer gaan word. AfriForum dryf al vir jare ’n veldtog vir die prioritisering van plaasmoorde, en het selfs by verskeie geleenthede die Verenigde Nasies hieroor genader. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê…
AfriForum saam met verskeie burgerlike organisasies en opposisiepartye het vandag aan ’n protesoptog na die Uniegebou deelgeneem om ’n memorandum aan die staatspresident te oorhandig, waarin die prioritisering van plaasmoorde geëis word. Ten spyte van konstante reën het nagenoeg 1 500 mense die nat weer aangedurf om aan die optog deel te neem. Die organisasies…
AfriForum gaan ‘n memorandum aan presidensie oorhandig wat handel oor die realiteit van plaasmoorde, ’n politieke omgewing van onaktiwiteit, aanstigting en ontkenning, en die reaksie van gemeenskapsveiligingstrukture. Veg saam teen plaasmoorde. Voeg nou jou naam by die memorandum: Post Views: 1,646
Die burgerregte-organisasie AfriForum is ʼn geleentheid gegun om die wêreld oor die wreedaardige misdade wat teen boere in Suid-Afrika gepleeg word, in te lig. Die uitnodiging om ʼn voorlegging te lewer by die 15de Internasionale Simposium van die Wêreldgenootskap van Slagofferkunde sal ʼn platform skep om akademici en leiers op die gebied van slagofferkunde en…
AfriForum het hom sterk uitgespreek oor gister se gru-moorde op ʼn bejaarde Duitse egpaar en hul seun in Richmond, KwaZulu-Natal. Dié burgerregte-organisasie sê die regering se stilswye oor plaasmoorde dra by tot aanvalle op boere, omdat die regering geen veiligheidsbystand aan boere lewer nie. ʼn Boer (76), sy vrou (65) en seun (33) se liggame…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.