AfriForum en duisende Suid-Afrikaners wys in swart steun teen plaasmoorde
https://www.youtube.com/watch?v=ezB85pyTbw4
AfriForum het op Peter Dutton, die Australiese minister van binnelandse sake, se kommentaar vanoggend dat Suid-Afrikaanse boere se aansoeke om na Australië te immigreer moontlik prioriteitsaandag sal geniet, gereageer deur te sê dat dit ’n ernstige aanklag teen die Suid-Afrikaanse regering is. Volgens Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum verantwoordelik vir internasionale skakeling, neem…
AfriForum verwelkom die aankondiging van lt.genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, dat plaasmoorde, plaasaanvalle en veediefstal deur die polisie geprioritiseer gaan word. AfriForum dryf al vir jare ’n veldtog vir die prioritisering van plaasmoorde, en het selfs by verskeie geleenthede die Verenigde Nasies hieroor genader. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê…
Post Views: 647
AfriForum se takke aan die Oos-Rand het op 25 November 2017 aan die burgerregte-organisasie se protesoptog teen plaasaanvalle en -moorde vanaf die Pretoria Kunsmuseum na die Uniegebou deelgeneem. Dít volg nadat AfriForum se takke op 21 November 2017 memorandums aan meer as 100 polisiestasies landwyd oorhandig het om die fokus op plaasaanvalle en -moorde te…
Afriforum is tans besig met ‘n nasionale navorsingsprojek wat fokus op plaasaanvalle. Die onderwerp word breedvoerig ondersoek en sluit vele invalshoeke in om sodoende die omvattende aard en gevolge van plaasaanvalle te kan aanspreek. Dit is so ‘n komplekse fenomeen dat dit moeilik is om slegs op een aspek daarvan te isoleer en om op…
Post Views: 756
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.