|

AfriForum verwelkom polisie-aankondiging oor prioritisering van plaasmoorde

AfriForum verwelkom die aankondiging van lt.genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, dat plaasmoorde, plaasaanvalle en veediefstal deur die polisie geprioritiseer gaan word. AfriForum dryf al vir jare ’n veldtog vir die prioritisering van plaasmoorde, en het selfs by verskeie geleenthede die Verenigde Nasies hieroor genader.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dat hierdie aankondiging ’n reusestap in die regte rigting is, maar dat die stryd nie outomaties gewen is nie. “Die ware toets sal uiteindelik in die syfers lê. Ons glo egter dat ’n volhoubare strategie teen plaasmoorde nie kan werk as dit nie deur die polisie geprioritiseer word en die nodige hulpbronne daaraan toegewy word nie,” het Roets gesê.

AfriForum se bestuur vergader vanoggend met mnr. Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, oor plaasmoorde en moontlike stappe wat geneem kan word om dit te bekamp.

Similar Posts