|

AfriForum verskerp internasionale veldtog; praat in Australië oor plaasmoorde

Verteenwoordigers van AfriForum is tans in Australië as deel van dié burgerregte-organisasie se internasionale veldtog teen plaasmoorde, waar hulle die verhale van slagoffers van plaasaanvalle en -moorde vertel. AfriForum het reeds vergader met minister Andrew Hastie, voorsitter van die parlementêre gesamentlike komitee van verdediging en intelligensie, en ook aan ’n gesprek op Sky News Australia se program Outsiders deelgeneem.

“Die Suid-Afrikaanse regering en veral president Cyril Ramaphosa se blatante ontkenning van plaasmoorde word deur die meeste hoofstroomrolspelers hier as ’n skande beskou. Ons vertel nou die verhale van mense wie se lewens verwoes is en verwoes word deur ’n regering wat sy rug op slagoffers draai,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

Cameron verduidelik dat hul besoek nie op statistiek fokus nie, maar eerder op die verhale van slagoffers.

“Daar heers veral skok oor die wreedheid van plaasaanvalle en -moorde in Suid-Afrika: Robert Lynn wat met ’n blaasvlam gebrand is; Nicci Simpson wat deur haar voete geboor is; en John Eckardt wie se naelmerke in die matte van sy huis gevind is nadat hy gemartel is – dié verhale spreek boekdele oor die werklikheid van hierdie Suid-Afrikaanse tragedies,” sê Cameron.

Similar Posts