Attempted farm attack caught on security cameras
https://www.youtube.com/watch?v=Gm1UuJ33Kw0
Jy het nog net tot 1 November kans om die petisie teen plaasmoorde in te vul, sodat jou stem kan tel by die Verenigde Nasies. Hierdie is ‘n stemverslag van Esmarie Prinsloo oor die veldtog. Los asseblief kommentaar en stuur die skakel gerus aan jou hele adresboek. Post Views: 682
Die burgerregte-organisasie AfriForum en die Wes-Kaapse departement van gemeenskapsveiligheid gaan Sondag, 29 Oktober tydens ’n mediakonferensie in Kaapstad ’n gesamentlike plan vir die beveiliging van plase bekend maak. Dit volg ná die onlangse bekendmaking van die 2016/2017-misdaadstatistiek deur Fikile Mbalula, minister van polisie, en die nuutste statistiek deur AfriForum oor plaasaanvalle en -moorde wat die…
Oor die afgelope vyf dae het 11 plaasaanvalle in Suid-Afrika plaasgevind, wat tot die dood van vier persone gelei het. Sedert 1 Januarie 2017 is ten minste 341 plaasaanvalle reeds uitgevoer, waartydens 70 mense vermoor is. Dit beteken dat daar tot dusver in 2017 reeds meer moorde tydens plaasaanvalle gepleeg is as die totale aantal…
AfriForum het die adjunkminister van Landbou, Bheki Cele, daarvan beskuldig dat hy die publiek mislei oor die werklikheid op Suid-Afrika se plase en dat hy die pleidooi van diegene wat hulle vir die prioritisering van plaasmoorde beywer, nie ernstig opneem nie. Dit volg nadat Cele vanoggend tydens ’n mediakonferensie oor plaasmoorde uitgevra is, waarop hy…
AfriForum het aan die begin van Oktober aan die Quads4Quads-wedloop deelgeneem ter bewusmaking van plaasmoorde. Só het die wedloop daar uitgesien: Dag 1: AfriForum se vier motorfietsryers het met groot verwagtinge by Cane Cutters Lodge net buite Ballito weggespring en het op dag een reeds ’n totaal van 250 km afgelê om stof op te…
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) hou aanstaande Maandag en Dinsdag ’n openbare verhoor oor plaasmoorde in Johannesburg. Dít, nadat AfriForum vroeër formele klagtes by die SAMRK ingedien het teen die traak-my-nieagtige ingesteldheid van die departement van polisie teenoor die voortslepende golf van plaasaanvalle en plaasmoorde in die land. Volgens AfriForum se rekords was daar al 91…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.