|

Polisieminister ignoreer terreur op plase; gemeenskappe moet self terugveg

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n maand gelede vir die soveelste keer ’n skrywe aan genl. Bheki Cele, minister van polisie, gerig en versoek om saam met hom te vergader oor sowel geweld op plase as die grondgrypkrisis wat die land in die gesig staar. “Cele het tot vandag toe nog nie eers ontvangs erken van…

|

AfriForum se Kriel en Roets na VSA vir bewusmaking oor plaasmoorde en onteiening

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie AfriForum, en Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof, vertrek vandag na die VSA waar hulle Suid-Afrika se situasie rondom plaasmoorde en die ANC se planne vir onteiening sonder vergoeding sal belig. AfriForum se verskerpte veldtog om die internasionale gemeenskap se aandag op plaasmoorde en onteiening van eiendom sonder vergoeding…

|

Polisieminister ontken plaasmoorde deur dit nié tot prioriteitsmisdaad te verklaar nie

“Ondanks meer as 195 plaasaanvalle vanjaar het Bheki Cele, die minister van polisie, steeds nie plaasmoorde tot prioriteitsmisdade verklaar nie. Hierdie stilswye en apatie dui daarop dat die regering in wese plaasmoorde en -aanvalle as misdade deprioritiseer,” sê Ian Cameron, AfriForum se veiligheidshoof. Cameron meen dat die staat en veral die minister se ontkenning van…

|

AfriForum lê strafregtelike klagtes oor rassistiese aanvalle op sosiale media

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag strafregtelike klagtes teen twee polisiebeamptes en ’n voormalige lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) ingedien wat hulle tot sosiale media gewend het om plaasaanvalle aan te hits en/of geweld teen boere en minderhede te verromantiseer. AfriForum sê dat hierdie voorvalle as ’n vorm van aandadigheid deur die Suid-Afrikaanse regering…

|

AfriForum vra vir kommissie van ondersoek na oorsake van plaasmoorde

Die burgerregte-organisasie het vandag gevra dat ’n onafhanklike kommissie van ondersoek aangestel word om te bepaal wat die faktore is wat tot plaasmoorde aanleiding gee. Hierdie aankondiging is in Centurion tydens die mediabekendstelling van Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, se boek Kill the Boer gemaak. Tydens die bekendstelling het Roets ’n bandopname gespeel…

|

AfriForum versoek dat polisiekommissaris Malema se aanhitsing tot plaasmoorde ondersoek

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ʼn formele versoek ingedien by die nasionale polisiekommissaris, generaal Khehla Sitole, om aantygings te ondersoek wat gemaak is deur ʼn lid van ʼn berugte tronkbende dat Julius Malema, die leier van die EFF, hom gaan sien het in die tronk om die pleeg van plaasmoorde aan te moedig. In ʼn opgeneemde…

|

AfriForum stuur plaasaanvalslagoffers na VSA ná bedrieglike Ramaphosa-uitlating

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag aangekondig dat hy slagoffers wie se geliefdes tydens plaasaanvalle vermoor is na die VSA sal stuur in ’n volgende fase van AfriForum se bewusmakingsveldtog teen plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding. Die organisasie is ook van voorneme om ’n bekendstelling van die boek Kill the Boer* deur Ernst Roets, adjunk- uitvoerende…

|

“Dit is so wreed en onverwags soos ‘n haaiaanval” – Slagoffers van plaasaanvalle en ‑moorde vertel

Drie slagoffers wie se lewens deur plaasaanvalle en -moorde geraak is, het vandag tydens ‘n verfilmde gespreksgeleentheid in Pretoria hul stories aan die wêreld vertel en gereageer op die onlangse uitspraak van president Cyril Ramaphosa dat daar nie so iets soos plaasmoorde in Suid-Afrika is nie. Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het die…

|

Plaasmoorde: Weduwee rig videoboodskap aan Ramaphosa en die VSA

Mariandra Heunis, wie se man in 2016 vermoor is, het ’n video op haar Facebook-blad gepubliseer waarin sy ’n boodskap aan president Cyril Ramaphosa en die mense van die VSA rig oor die krisis van plaasmoorde in Suid-Afrika. Die video is in reaksie op Ramaphosa se onlangse stelling in die VSA dat daar nie so…

End of content

End of content